Edu-Integral Aanlegtoetse

Die evaluering van ‘n kind se aanleg was nog altyd beskou as ’n belangrike hulpmiddel vir ouers om hul kind se toekoms te begin beplan. in die verlede was hierdie praktyk standaard-prosedure vir alle Graad 7-, Graad 9- en Graad 11-leerlinge. Die rede hoekom dit ’n belangrike hulpmiddel is, is omdat beroepskeuse eintlik ’n proses is en nie ’n een-malige gebeurtenis nie. Die aanlegtoetse wat afgeneem word, kan vir verskeie doelwitte aangewend word, byvoorbeeld:

  • Om ouers te help besluit oor die mees gepaste hoërskool en vakkeuses vir hulle kind.
  • Om ouers in te lig oor die kind se voorlopige akademiese sterkpunte en belangstellingsgeneigdhede waarop ’n ontwikkelingsprofiel gebou kan word. Dit is uiters belangrik om ’n ontwikkelingsprofiel te verkry waarvolgens bepaal kan word of ‘n kind se belangstellings baie verander en of dit konstant bly. Dit het belangrike implikasies vir vak-aanbevelings in Graad 9.
  • Om ’n akkurate voorspelling van ‘n kind se akademiese potensiaal te maak wat nie beinvloed word deur die standaard van die skool nie.
  • Om ouers bewus te maak van sekere akademiese swakpunte wat betyds aangespreek kan word voor die maak van belangrike vakkeuse vir Graad 10.
  • Om te dien as bevestiging van dit wat ouers reeds vermoed aangaande hulle kind, sodat belangrike begeleiding gedoen kan word ook gebaseer op objektiewe inligting.

Ons doelwit

Ons doelwit is om te verseker dat ons kliënte professionele en persoonlike begeleiding kry ten opsigte van vak-, skool-, en beroepskeuses.

Kinders se ontwikkeling kan gemonitor word vandat die eerste besluit in Graad 7 geneem word totdat hulle gevestig is in die beroep wat die beste geskik is vir hulle individuele aanlegte, belangstellings en persoonlikhede.

Ons bied

Individuele en groepevaluerings ten opsigte van:

  • Skoolkeuses
  • Vakkeuses
  • Beroepskeuses

Psigometriese toetsing vir tersiêre instansies word ook gedoen met die oog op keuringsprosesse.

Die resultate van hierdie ondersoeke word ook dikwels aangewend vir eise by die Padongelukkefonds.

Kundigheid

Ons konsultante is gekwalifiseer in

  • Opvoedkunde
  • Sielkunde
  • Opvoedkundige sielkunde
  • Psigometrika
  • Bedryfsielkunde en Beroepsontleding

en het wye ervaring opgedoen by

  • skole
  • opvoedkundige hulpsentrums
  • kinderleidingsklinieke
  • privaatpraktyke
  • tersiêre instansies
  • korporatiewe maatskappye

Langtermynbystand

Ons kliënte se inligting word in ons databasis geberg en is beskikbaar vir enige behoefte wat later in hulle lewe mag opduik.

Ons kliënte se ontwikkeling, vordering, sterkpunte, swakhede, neigings en uitkyke kan van ’n vroeë ouderdom gemoniteer word. ‘n Holistiese persoonlike profiel word saamgestel waarvolgens verantwoordelike en geïntegreerde lewensbesluite geneem kan word.

Ons moniteer deurgaans beroepsneigings om jong mense na realistiese toekomsmoontlikhede te begelei.