Baie welkom by Edu-Integral se aanlyn-aanlegtoetse. Die toetsing geskied met behulp van vraelyste asook ‘n Zoom-sessie met die sielkundige vir die afneem van die akademiese toetse. Die kostes vir die toetsing is soos volg:
U hoef nie vooraf te betaal nie. Betaling word eers versoek wanneer die akademiese toetse afgeneem gaan word.
Voltooi asb hierdie inligting en wees dan op die uitkyk vir die volgende belangrike e-pos.
Hierdie inligting word benodig sodat ons die regte toets kan saamstel.
Wie moet getoets word? * Geboortedatum: * E-posadres: * Naam van skool/werkgewer: Graad: * Graad 7Graad 9Graad 11Graad 12Het reeds matriek geslaag Wil u die toetse afneem in Afrikaans of Engels?: * AfrikaansEngels Het die persoon wat getoets word ‘n geskiedenis van leerprobleme? * JaNee Indien ja – spesifiseer: Het die persoon wat getoets word voorheen of tans medikasie gebruik wat met konsentrasie verband hou? * JaNee
Verskaf asseblief inligting oor die persoon wat die toets versoek.
Naam van ouer (indien vir minderjarige kind): * E-posadres: * Telefoon: * Woon die kind by u? *
SelfVerwys
Indien u verwys is meld asb. die persoon/skool/instansie se naam:
Naam en Van: E-posadres (slegs indien u verwys is deur ‘n sielkundige): Telefoonnommer (slegs indien u verwys is deur ’n sielkundige):
Neem asb. kennis dat die resultate aangaande hierdie evaluasie HOOGS VERTROULIK is en slegs aan die kliënt self of aan die ouers (voogde) van minderjarige kliënte bekendgemaak sal word. Die inligting word ook aan die verwysende sielkundige gestuur indien u 'n magtigingsvorm voltooi.
Waar/hoe het u van ons gehoor? Waar woon u? Wanneer wil u die toetsing voltooi? * Ander inligting/navraag:
Merk asb. elke boksie hieronder.
Die toetse sal ’n paar uur van my/sy/haar tyd in beslag neem maar word nie alles gelyk gedoen nie. Die kliënt sal op geen manier gehelp of beïnvloed word tydens die toetsing nie. Die toetsing moet voltooi word op ‘n plek sonder steurnisse en selfone moet gedurende die tyd afgeskakel wees. Dit is in belang van die kliënt om te weet dat die antwoorde deur niemand behalwe die sielkundige ontleed sal word nie. Tydens die wiskundige item mag die kliënt nie van ’n sakrekenaar gebruik maak nie, maar moet ‘n potlood en papier byderhand hou om bewerkings te doen. Indien Zoom-sessies bygewoon word, mag dit nie opgeneem word nie en vraelyste mag nie na enige ander persone gestuur word nie. Ek/ons besef dat hierdie proses kan help met keuses van skole, studierigting, vakke of beroepe maar dat ons uiteindelik steeds self verantwoordelik is vir die keuses en besluite wat geneem word.
Sodra u hierdie inskrywingsvorm gestuur het, sal ons vir 'n e-pos aanstuur met die Biografiese vraelys wat die kliënt (kind) aanlyn moet voltooi en terugstuur. Hy/sy sal ongeveer 60-80 minute daarvoor benodig. Hierdie voltooide vraelys word benodig voordat verdere toetsing kan plaasvind. Stuur dan asb. ook saam met die voltooide Biografiese vraelys die kliënt se twee mees onlangse skoolrapporte (of akademiese rekords), asook die bewys van betaling sodat ons die Mindconnect profiel (akademiese afdeling) kan aktiveer en die Zoom-sessie met die sielkundige kan skeduleer.
Please leave this field empty.