Aanlyntoetse
Aanlyntoetse is presies gelykstaande aan individuele toetsing of groeptoetsing maar word tuis gedoen. Die proses behels dat die kliënt (of kind) ons Biografiese vraelys voltooi waarna die akademiese toetse tydens 'n Zoom-sessie met die sielkundige afgeneem en/of verduidelik word.
Aanlyntoetse is veral gerieflik omdat dit dadelik kan plaasvind en kliënte nie lank hoef te wag vir afsprake of resultate nie.
Aanlyntoetse was voorheen veral gewild vir persone wat nie toegang gehad het tot hierdie dienste in hul omgewing nie. Deesdae is aanlyntoetsing egter die norm vir meeste kliënte.
Aanlyntoetsing word nie aanbeveel vir persone met ‘n geskiedenis van ernstige leerprobleme nie.
Groeptoetse
Groeptoetse vind gewoonlik tussen Februarie en September op ’n maandelikse basis plaas. Indien geen groeptoetse hier getoon word nie, beteken dit dat die groeptoetstydperk vir die jaar reeds verby of vol bespreek is. Ons stel voor dat u in so ’n geval aansoek doen om aanlyn- of individuele toetse te doen.
U kan wel versoek dat ons ‘n spesiale groeptoets vir u skool of gemeenskap reël maar die ligging en hoeveelheid leerders sal die koste bepaal.
U kan hierdie toetse versoek deur die sielkundige direk te kontak:
Dr. Ezette du Plessis : 0828050736
E-posadres: [email protected]
Individuele Toetse
Tans beskikbaar in Pretoria, Oosrand en Stellenbosch
Indien u verkies dat die toets in die teenwoordigheid van ‘n sielkundige afgelê en die uitslae persoonlik deur die sielkundige oorgedra word, kan u die sielkundige direk skakel by een van die volgende nommers of u kan ’n navraag doen deur op die boonste skakel te klik. Ons beveel soms aan dat u sekere van die vraelyste tog aanlyn invul omdat dit heelwat spaar in konsultasietyd en -kostes. Die sielkundige wat met u profiel werk sal u dan dienooreenkomstig kwoteer.
U kan ook self ’n afspraak maak deur die sielkundige te skakel:
Dr. Louise Boshoff Prinsen (Pretoria):
Tel: 082 491 1336
Me. Chereen Cloete (Pretoria):
Tel: 082 366 8170
Me. Marelise Botha (Stellenbosch):
Tel: 082 897 1470
Me. Gene Erasmus (Oosrand)
Tel: 082 676 9665
Aanlyn-, Groep- en Individuele toetse
Edu-Integral probeer om kliënte te begelei vanaf hulle eerste keuses ten opsigte van hoërskool en vakkeuse totdat hulle gevestig is in die beroep wat die beste by hul persoonsprofiel pas. Ons help ook maatskappye met keuring, werwing en plasing van werknemers.
Kliënte in Graad 11/12, ouer persone of persone wat aansoek doen vir poste se moontlikhede word hoofsaaklik bepaal deur die vakke wat hulle reeds in Graad 10 gekies het, die prestasies wat hulle daarin behaal of deur die ervarings en kwalifikasies wat hulle voorheen verwerf het. Dit is dikwels nie nodig om weer ‘n volle aanlegtoets af te neem nie.
Vir kliënte in Graad 11/12, ouer persone of werkgewers wat behoefte het dat psigometriese toetse gedoen en/of loopbaan advies gegee word, bied ons die nodige evaluasie en bekwame advies.
Wat hierdie evaluasie insluit:
- Akademiese potensiaal: Integrering van intellektuele vermoë en skolastiese prestasies
- Persoonlikheidstipe en belangstellingsprofiel
- Volledige verslag en persoonlike terugvoer
Die evaluasie kan in groepverband, aanlyn of individueel gedoen word. Die sielkundige of loopbaanadviseur gee persoonlike of telefoniese terugvoer asook ‘n volledige verslag.