Edu-Integral Aanlegtoetse bied ondersteunende dienste aan skole en sielkundiges wat leerders bystaan met aspekte soos skoolkeuse (tegniese of algemene skool), vakkeuse, loopbaankeuse en spesifieke raad ten opsigte van verskillende kursusse en loopbaangeleenthede.

Dienste aan sielkundiges

Privaatsielkundiges ervaar dikwels dat hul waardevolle tyd opgeneem word deur bemarking, psigometrie en die skryf van verslae terwyl hul eintlik daarop wil fokus om kliënte te ondersteun, raad te gee, te begelei ens.

Edu-Integral maak dit nou vir sielkundiges moontlik om slegs te doen wat hulle werklik wil doen sonder dat die lang voorafgaande ure al hul waardevolle tyd opslurp.

Ons bied die volgende dienste:

  • Bemarking
  • Psigometrie en
  • Verslae

Verwysings van skole

Die meeste skole het tans hul eie sielkundiges wat kinders begelei ten opsigte van skool- en vakkeuses. Ten einde die sielkundiges te help om meer leerders in hierdie proses by te staan, bied Edu-Integral aan om die bemarking en psigometrie namens die skool en die sielkundige te behartig en om verslae vinnig te prosesseer sodat die sielkundige slegs daarop hoef te fokus om die inligting te integreer, die aanbevelings te maak en die terugvoer te verskaf.

Die inligting wat uit die ondersoek verkry word, word met die magtiging van die kliënt GRATIS aan die skool se sielkundige beskikbaar gestel.

Skole en sielkundiges wat daaraan behoefte het dat Edu-Integral die toetsing aanlyn of op hul perseel afneem, moet Edu-Integral direk kontak om reëlings te tref.

Indien skole van hierdie dienste gebruik wil maak maar nie ’n eie sielkundige het nie, kan hulle versoek dat Edu-Integral die volle verantwoordelikheid vir die toetsing, interpretasie, verslae en aanbevelings dra deur ’n ervare sielkundiges slegs vir hierdie doel aan die skool toe te wys.

Edu-Integral Sielkundiges en raadgewers

Edu-Integral se kundiges het gesamentlik amper 120 jaar ervaring. Ontmoet ons:

Ezette-du-Plessis

Dr Ezette du Plessis

Dr Ezette du Plessis het meer as 25 jaar ervaring as opvoedkundige sielkundige. Sy het in 1994 privaat begin praktiseer en het gespesialiseer in leeroptimalisering, konsessies, skoolgereedheid ens. totdat sy haar in 1998 veral daarop begin toespits het om middelskool leerders te help met besluite oor skool- en vakkeuses. Dr Ezette is passievol oor onderwysaangeleenthede en sterk gekant teen ongesonde mededinging op laerskoolvlak. In haar privaat hoedanigheid geniet sy haar kinders en hou sy baie van perde, mense, brugspeel, kos en die see.

Tel: 082 805 0736
E-pos: [email protected]

Louise-Boshoff-Prinsen

Dr Louise Boshoff Prinsen

Dr Louise Boshoff Prinsen het reeds meer as 35 jaar ervaring as sielkundige. Sy het in 1983 as Voorligtingsielkundige gekwalifiseer waarna sy onder andere ervaring opgedoen by die Universiteit van Pretoria se Studente Diensburo voordat sy in 1986 haar privaatpraktyk gevestig het. Sy was vir 13 jaar deeltyds aangestel as sielkundige by ‘n remediërende skool in Pretoria en het ook opleiding in verskeie terapeutiese modelle, o.a. hipnoterapie, ontvang. Verdere opleiding in neurosielkunde is ook deur haar onderneem. Dr Louise spesialiseer in beroepsvoorligting en loopbaanbeplanning. In haar persoonlike hoedanigheid dui sy aan dat sy baie hou van kinders, pottebakkery, honde en veral om “haar saksofoon luidrugtig maar nogal sleg te speel”.

Tel: 082 491 1336
E-pos: [email protected]

Marelise-Botha

Me Marelise Botha

Marelise Botha het 24 jaar ervaring as opvoedkundige sielkundige en beroepsvoorligter. Sy het in 1996 as opvoedkundige sielkundige gekwalifiseer en haar ervaring opgedoen by die destydse Kaapse Technikon (nou Kaapse Skiereiland van tegnologie) se afdeling vir studentevoorligting.

Gedurende haar 11 jaar by die technikon was sy nou betrokke by die keuring van studente en die ontwikkeling van profiele vir verskillende kursusse en beroepe. Sy was ook verantwoordelik vir terapie met studente, evaluering tov beroepsvoorligting en die oprigting van ‘n loopbane biblioteek.

Marelise het opleiding in verskeie terapeutiese modelle, o. a. hipnoterapie, EMDR, EMI ontvang. Sy is ‘n terapeut wat ervare is met hulpverlening aan kinders en adolessente mbt emosionele en leerverwante probleme.

Marelise se spesialisveld is die evaluering ten opsigte van beroepsvoorligting, loopbaanbeplanning en vakkeuses. Sy bied ook studiegereedskap kursusse aan.

Marelise hou daarvan om in haar vrye tyd, saam met haar familie en vriende tyd te spandeer. Sy hou ook van die buitelug en om te reis en nuwe plekke te ontdek.

Tel: 082 897 1470

rpt

Me Chereen Cloete

Chereen Cloete is an Educational Psychologist currently in private practice. She obtained a Post Graduate Certificate in Education from UNISA in 2005 where she went on to teach within the foundation phase for three years. She attained her Maters degree in Educational Psychologist at the University of Pretoria completing her internship year at the Centre for Psychological Services and Career Development (PsyCaD) at the University of Johannesburg.

Before venturing into private practice she worked at the ADD Lab, where after she worked as Psychologist at Pretoria Boys High School. Her portfolio at the school involved learning support and guidance as well as collating and submitting the concession applications to the department of education. Chereen is a Tomatis level one Practitioner as well as Interactive Metronome Practitioner.

She has co-authored a journal article in the Journal of Social Aspects of HIV/AIDS, and has presented at PsySSA Conference in 2011 and the ICP Congress in 2013. She has written articles for LIG and MOVE magazines and has been interviewed on radio CAPS.

Chereen is passionately dedicated to helping children by using an integrated approach in identifying and addressing any learning or behavioural obstacles that may interfere with their ability to realise their full potential.

Tel: 082 366 8170